ek sal sterf en na my fans gaan swellendam toe


E-mail this post



Remember me (?)



All personal information that you provide here will be governed by the Privacy Policy of Blogger.com. More...



Ek het vandag 'n oproep gekry uit Swellendam. Na aanleiding van al die artikels wat oor Die Matie in Die Burger verskyn het, wil mense in dié dorp graag hê ek moet hulle gaan toespreek en al my wedervaringe deel. Dit kom nadat ek 'n brief van ene Philip Myburgh ontvang het, destydse streeksverteenwoordiger van die Verenigde Party in die Swellendam-distrik. Hy het my geluk gewens met my 'oorwinning' en my 'vele meer!' toegewens. Hulle gaan my petrol en verblyf betaal, ek moet net gaan gesels en vertel wat gebeur het met my!

Mnr Myburgh het my vertel dat hy so gelag het vir die resensie dat hy daai voorbladartikel gaan fotostateer het by die copy shop in die hoofstraat van Swellendam en dit aan al sy politieke allies en ander vriende gepos het. Daar is glo 'n koffiewinkel ook in dié dorp wat dit uitgeknip het en teen 'n aansteekbord gesteek het.

"Almal lag tog te lekker daaroor", het Myburgh gesê.


0 Responses to “ek sal sterf en na my fans gaan swellendam toe”

Leave a Reply

      Convert to boldConvert to italicConvert to link

 


About me

  • I'm Appel
  • From Stellenbosch, South Africa
  • Follow me on Twitter: www.twitter.com/apduplessis
  • My profile

Archives

Links


ATOM 0.3


web page hit counter