ek het amper vergeet, maar met die sigaar


E-mail this post



Remember me (?)



All personal information that you provide here will be governed by the Privacy Policy of Blogger.com. More...




Die dag na die 'resensie' of 'ressensie' op die voorblad verskyn het, het dié in Die Burger verskyn. Daardie aand was Die Matie se redakteursreunie en ek sou nooit die einde van my keuse om verskoning te vra hoor nie. Elke oud-redakteur (behalwe 'n handjievol) het my probeer raad gee, bewys ek's verkeerd, gese "'n Matie-redakteur vra nooit om verskoning nie"; ander het my 'n getekende kopie van Breytenbach se digdebuut, Die ysterkoei moet sweet, aangebied (ek sou dit graag wou he^ maar hulle het net vir my gelag). Dit was ietwat unfortunate dat die nuus die dag voor die reunie moes breek maar ten minste het die ou omies iets gehad om met my te gesels en om hulle eie stories van die "druk van die universiteitsmagte" met my te deel.

Liza Albrecht, redakteur van die naweekbylae tot Die Burger (By), het ongelukkig die bekende joernalis Jan-Jan Joubert saamgenooi. In 2002 was Jan-Jan redakteur van Krit en het Steve Hofmeyr hom gebliksem omdat hy in sy koerant geskryf het Hofmeyr het nie mooi skoene nie. Jan-Jan het natuurlik kultusstatus bereik onder kollegas in die bedryf en het my na afloop van die verrigtinge in 'n hoekie gaan druk en van sy wonderlike ervaring vertel. Hy wéét wat laster is en wat hy oor Steve geskryf het, en Breyten oor Brink, is dit beslis nie. Hoekom kan ek dan om verskoning vra vir iets waarvan ek nie eers weet nie. Wel, Jan-Jan, wie de fok is jy om vir my te se^ hoe ek moet en nie moet nie. Jy het fokol met Die Matie uit te waai so ek weet nie hoekom jy so 'n palawa maak van alles nie. Jou belange le^ nie hier nie, jy is net opsoek na 'n fokken storie waarin jy jou eie mening kan lug en die wereld herinner aan die oulike vuishou wat jy ontvang het met Peter van Noord wat toekyk. Ek is gelukkig oor Jan-Jan want hy is nie so aanvallerig soos wat ek aanvanklik gedink het nie. Quite frankly: ek sal hom nooit aanstel by my koerant en/of tydskrif nie al skryf hy hoe goed. Hy moet werk aan sy social skills.

Die kritiek van ander oud-redakteurs het ek met 'n knippie sout gevat en dit heeltemal verstaan. Hulle is tog aandeelhouers in die idee van Die Matie en watter kak ek ookal aanjaag moet hulle inspraak by he^. Die enigste redakteur wie se mening saakgemaak het, en wie die hele aand geborg het, was trots op my en wou geen verdere kommentaar laat nie behalwe dat: "Geen goeie redakteur maak nie 'n bolls up en stir nie 'n bietjie nie".


0 Responses to “ek het amper vergeet, maar met die sigaar”

Leave a Reply

      Convert to boldConvert to italicConvert to link

 


About me

  • I'm Appel
  • From Stellenbosch, South Africa
  • Follow me on Twitter: www.twitter.com/apduplessis
  • My profile

Archives

Links


ATOM 0.3


web page hit counter