Soms (dikwels) moet 'n mens verskoning vra; en ek dink dit was die regte ding wat jy gedoen het oor die Breyten-affêre. As die media werklik vry wil wees, moet dit ook wys dit kan vryheid met verantwoordelikheid hanteer. Daarom, as dit 'n fout gemaak het, moet dit 'n regstelling maak. In die "ou dae" van Die Matie
redakteurs was dit veel makliker. Daar was 'n reg of 'n verkeerd, en jy was reg as jy die regering teengestaan het. Of as jy Admin B lekker geloop het. So eenvoudig soos dit. Vandag is kwessies baie meer genuanseerd. Ek dink ook ons het 'n samelewing wat op wedersydse respek gebou is. Daarom dat ons ook daardie respek elke dag in ag moet neem.
0 Responses to “afskryf”
Leave a Reply