Fri, 12 May 2006 22:12:25 +0200


E-mail this post



Remember me (?)



All personal information that you provide here will be governed by the Privacy Policy of Blogger.com. More...



Beste Breyten Breytenbach

My naam is André-Pierre du Plessis, redakteur van die studentekoerant Die Matie. Nadat ek een van my redaksielede opdrag gegee het om jou te vra om Chris Brink se boek te resenseer het ek besluit om jou "ressensie" (soos jy dit noem) te plaas. Ek weet nie of jy die Afrikaanse media volg nie maar sedert die verskyning daarvan het Rapport en Die Burger dié storie geplaas. Reaksies in Rapport het dit as laster bestempel en ek het baie teenstand gekry. Nadat ek met 'n paar ouer mense gepraat het (ons glo mos dat hulle beter weet) het ek besluit om verskoning te vra in my koerant.

Oud-redakteurs en gevestigde joernaliste het my verskoning erg gekritiseer en was onder die indruk dat ek geforseer is om verskoning te vra, wat geensins die geval was nie. Buitendien, my "verskoning" was met 'n tong-in-die-kies geskryf en ek dink die universiteitslui het dit raakgesien. Gevolglik het die US-Raad 'n sitting eerskomende Maandag waartydens hulle gaan besluit of hulle teen my en my koerant sal optree. Wat hulle egter nie besef nie, is dat hulle nie teen my kan optree nie omdat daar prosesse in plek is wat hulle nie gevolg het nie. Byvoorbeeld, sou iemand 'n klag teen ons wil indien moet dit binne 10 dae van die betrokke artikel geskied, wat al lankal verstryk het.

Met my volgende uitgawe (wat Maandagaand sak) beplan ek dus om met alles wat ek het terug te veg sodat die US-Raad kan wéét dat hulle nie 'n sê het oor hierdie studentekoerant nie en dat ons nie die spreekbuis vir die universiteit of die studenteraad is nie. Wat hulle beslissing ookal sal wees Maandag gee ek nie werklik om nie want met die steun wat ek van studente, dosente en oud-redakteurs ontvang het is hulle 'outnumbered'.

Om hierdie rede maak ek graag kontak met jou om in die vorm van 'n brief te reageer (indien enigsins) op die onlangse polimiek rondom jou rubriek. As jy sou besluit om op my navraag te reageer wil ek graag vra dat jy dit vir my stuur nie later nie as Maandagmiddag 12:00 pm (Central African Time).

Dankie byvoorbaat

Geagte André-Pierre du Plessis,

Moet nooit om verskoning vra nie! In hierdie lewe het mens 'n keuse - om jou pad deur die fynbos te zoema (en te sorg dat jy gereeld stort) of om op gewyde skellumbosserige manier te chriskrink en te jakkalashink, d.w.s. om uit te blink in die demokratiese koekoekuns van bome miskyk solank hulle maar deel van die bosch is wat die baas in besjit geneem het, enige baasj, as jou vel dik genoeg is om nie te hoef stort nie. 100% Afrikaner boy!

En ek het geen kommentaar op die troebelrigheid in die witblitsglasie nie. Behalwe net: foeitog. (Dis Frans vir haai moeder!)


0 Responses to “Fri, 12 May 2006 22:12:25 +0200”

Leave a Reply

      Convert to boldConvert to italicConvert to link

 


About me

  • I'm Appel
  • From Stellenbosch, South Africa
  • Follow me on Twitter: www.twitter.com/apduplessis
  • My profile

Archives

Links


ATOM 0.3


web page hit counter