Die behaagsieke se spieel is die ware poephol van die duiwel


E-mail this post



Remember me (?)



All personal information that you provide here will be governed by the Privacy Policy of Blogger.com. More...



André-Pierre (of moet ek na jou verwys as "die Heer du Plessis" soos die huidige bewindhebbers seker doen)

Kan jy stem? Kan jy kar bestuur? Kan jy vir jouself dink? Ek sou dink die antwoord moet "ja" wees. So hoekom sal jy jou dan laat intimideer deur die stoomroller van die huidige universiteitsregime. As jy wil sê "Afrikaans se watsenaam" is dit sekerlik jou reg. As jy wil sê "ek praat Afrikaans en julle T-opsie is ‘n klomp watsenaam" is dit sekerlik ook jou reg. En as jy ou Breyten toelaat om dit te sê, wat is die probleem?

Dit laat my skrik as ek sien hoe mense vir die huidige base skrik wat, sodra julle nie met die T-opsie saamstem nie, vir julle wil voorsê dat julle kan sê en wat nie. Wees Afrikaans, en te dinges met die res.
Groete


***

Subject :
"Jongman, ons gee jou nog 'n kans, maar trap in jou spoor"

Beste André-Pierre

Baie geluk dat die US-Raad jou blykbaar nie gaan skors nie, al lyk dit my jy word/was daarmee gedreig. Ek ken nou nie heeltemal die storie nie, maar dit wil voorkom asof jy op hierdie stadium baie dankie moet sê aan die goedwillige US-Raad en rektoraat wat jou nog ‘n kans sal gee (maar pasop as jy weer dit doen!). Dis darem goed dat hulle jou saak eers by hierdie spesifieke raadsvergadering bespreek het, want as dit vroeër was, dan sou jy nie eers by wyse van besluiteregister (soos wat nou op sun.ac.za beskikbaar is) kon weet wat jou lot was nie!


***

Hallo Andre-Pierre

Die werk se naam bo-aan ens is net om te wys dat ek darem regtig bestaan (die Engels was nie my idee nie)

Paar keer van jou in die pers gelees die afgelope paar weke, maar nooit kennis geneem van meer as die “Matie redakteur”, maw nie jou naam geregistreer nie

Sien dit toe vanoggend in die “Eikestadnuus” en besef dat ons amper ‘n naam deel (my “A” is net Abraham)

Geniet jou naweek
(saam met dié e-pos het ek 'n foto van die ou ontvang)


0 Responses to “Die behaagsieke se spieel is die ware poephol van die duiwel”

Leave a Reply

      Convert to boldConvert to italicConvert to link

 


About me

  • I'm Appel
  • From Stellenbosch, South Africa
  • Follow me on Twitter: www.twitter.com/apduplessis
  • My profile

Archives

Links


ATOM 0.3


web page hit counter