luistervink


E-mail this post



Remember me (?)



All personal information that you provide here will be governed by the Privacy Policy of Blogger.com. More...



Max du Preez het gereageer en die volgende e-pos aan my gestuur. Ons volgende uitgawe sou eers maande later verskyn so ek het hom aangeraai om die brief vir Rapport te stuur (wat die hele storie opgeblaas het) en hy het dit toe ook gedoen. Hier is sy 'antwoord' op Breyten se brief in Die Matie:


Liewe Breytiespuitie my ou paddaboudjievretertjie

Dankie vir jou mooi briefie en al die onverdiende komplimente. Oe, en jy skryf tog so móói! Jy bly darem ‘n bul der taalbulle. Ek’s ook bly die spel-check op jou rekenaar het dié keer gewerk.

Ek hoop jy besef hoe lojaal ek steeds teenoor jou is. Elke keer as mense by my skinder dat jy sommer net ‘n Weghol-Boer is, verdedig ek jou eer en sê nee, jy’s baie meer hol as Boer. ‘n Neo-hol, om die waarheid te sê, maar nie noodwendig ‘n neo-holis nie.

En dan is daar die skinderbekke wat sê jy was nog altyd ‘n politieke poefter. Vir hulle sê ek dit vat durf om op jou ouderdom uit die kas te klim en na alles waardeur jy is, warmte aan die volk se binneboud te gaan soek. En Skelmbos is mos hoeka die nuwe binneboud-hoofkwartiere.

Maar ek moenie die indruk skep dat daar net mense is wat oor jou skinder nie. Jy is darem die Verlore Seun en daar is baie nuwe vriende wat vir jou wil kalfslag. Ek gaan self koekies bak om geld in te samel dat ons jou vir ‘n pelgrimstog huis toe kan vlieg (ek sal seker maak dis ‘n retoerkaartjie). Dan hou ons vir jou ‘n kalfbraai op die Braak, kry Steve Hofmeyr om “En Hoor jy die Magtige Dreuning” te sing en verklaar jou summier tot Rektum van die Laaste Afrikaanse Universiteit. Jy verdien niks minder nie. Ek is seker die bruin gemeenskap sal vir jou wil kom moppies sing uit waardering vir jou en jou vriende se besorgdheid oor hul kinders se akademiese toekoms.

Jy bly my gunsteling neo-Boerseun in Frankryk.

Maxiekaxie


0 Responses to “luistervink”

Leave a Reply

      Convert to boldConvert to italicConvert to link

 


About me

  • I'm Appel
  • From Stellenbosch, South Africa
  • Follow me on Twitter: www.twitter.com/apduplessis
  • My profile

Archives

Links


ATOM 0.3


web page hit counter