0 comments

Beste Breyten Breytenbach

Ek verneem dat die nuus van Chris Brink se bedanking as rektor en visekanselier van die US jou reeds bereik het. Indien nie, lees die volgende skakel vir meer inligting:http://www.ncl.ac.uk/press.office/press.release/content.phtml?ref=1152029749

Op PRAAG se webtuiste word daar beweer dat een van die redes vir Brink se skuif jou resensie oor sy boek is, ten spyte van die feit dat Brink aan Die Burger verklaar het: "Niks dryf my hier weg nie".
Eerstens, wat is jou opinie - indien enige - oor Brink se skuif na Newcastle en tweedens, hoe voel dit om "verantwoordelik" hiervoor te wees - of ten minste dis wat PRAAG graag sou wou glo.

Jou bydrae in dié verband sal waardeer word en gebruik word in 'n artikel vir die volgende uitgawe van Die Matie.

Dankie byvoorbaat

André­-Pierre du Plessis

Beste Andre-Pierre du Plessis,

'n Diklessiese ou het op 'n muur geskryf: "PARAG - jou ma se epos!" En ekstem saam. Moet my darem nou nie met enige gemors semels meng nie.

Niks dryf Chris Bronk by Skelmdop se University weg behalwe sy brandendebegeerte om die T-oepsie oor te dra na Newcastle nie. Ek weet darem nie ofdie Zoeloes so 'n besoeking verdien nie. Het hulle dan nie reeds genoegprobleme nie?

Nee, ek dink dis 'n bestiering - want soos hy verduidelik het hy so waarsoos Esterhuise manel dra nog nooit g'n aansoek gedoen vir enige ander pos,epos, pose, opsiesa of oeps nie, en was hy vasberade om sy Broeders VanNeokerk en Klote en die ander agterryers en Pandoers in die stryd te lei totby oom Daantjie in die kalwerhok ('n Boer versaak mos nie sy kommando vanKorrekte Kappies en comrades-come-lately nog voor die gatvrytrein -orry - ek bedoel, die gravytrein gearriveer het nie!), maar toe gaan diehemele bo hom oop en 'n Damaskusstem spreek: "Gaan heen, onbevange krygsman,en bekeer die barbare! For it is undone for the Afrikaner to be theoverdog!" Wat kan 'n man dan sê? God slaap nie.

Graag wil ek van julle publikasie gebruik maak om dit in die openbaar testel dat ek, hoe jammer dan ook, nie beskikbaar is vir die Rek-tor se pos ofpossiesie nie. Ek sal hierdie beker maar laat verbygaan want ek sukkelallerverskrikliks met my liddorings, en my Afferkaans is ook nie te waffersnie. Ek vermoed my boesemvriend, Mkaxi UmPreez, sal dalk omgevry kan word omdie slôkkie te vat? Of wat van die filosot, Rooidaan Roodt?

Vorentoe, o brawe university van wêreldgehalte! Vorentoe die laer in!Immers: wie laaste gulag, gulag die lekkerste.

Breyten Breytenbach

***

Ek's in Rwanda op die oomblik, het nie 'n clue wat by die huis aangaan nie.

Jammer
Max [du Preez]


About me

  • I'm Appel
  • From Stellenbosch, South Africa
  • Follow me on Twitter: www.twitter.com/apduplessis
  • My profile

Archives

Links


ATOM 0.3


web page hit counter