het is de einde niet

0 comments

Steeds ontvang ek briewe van regoor die land wat uitvra hieroor:


Sommiges se dis Breyten se skuld

0 comments


(appelspel)

0 comments

Ter viering van Breyten Breytenbach se 67e verjaarsdag (wat vandag is) haal ek een van sy tronkgedigte aan wat my aan 'n paar goed hier op Stellenbosch laat dink en opgeneem is in 'Die ongedanste dans' wat my redaksie as 'n afskeidspersent aan die einde van my termyn vir my gegee het:

wanneer dit reen moet daar eikebome wees
om diepte en donkerte aan die reen te gee
en so die dag volmaak te maak - 'n dag
dan om in die bed te klim met 'n appel
en 'n meisie -
'n langhaarmeisie want die vag soos spinnekopbloei
moet teen die laken bly skitter -
en heeldag hou julle daardie vrug wandelende
en vry tussen julle
sonder om met die hande daaraan te raak
veral sonder om dit te laat val uit die boom -
op en af langs al die kontoere
nou sy aan sy dan dy aan dy
naand gly-gly gestut op die elmboe
met die reenvrug altyd tussen jou en my
(oppas vir die kraters!) -
so hou jy die ou gebeente disselklop


skrywende nou van agter tot voor

0 comments

So vandag het die laaste artikel oor die Breyten-debakel verskyn as deel van 'n artikel oor die aanstelling van ons nuwe Studenteraad se ondervoorsitter. Die artikel (in die posting hieronder) vat die hele jaar in Matieland mooi saam - van die Hippo- tot by die Slurpie-debakel en selfs Breyten word daar iewers tussen-in gegooi. So dit vat alles mooi saam en is ook 'n goeie plek om dan hierdie blog te eindig - behalwe vir verdere kommunikasie tussen my, die rektor en Breyten Breytenbach.

Deur dit alles het ek egter besef dat dit veel beter is om jou naam in die byline te he^ as binne-in die artikel. Ek het daarom my heel eerste byline in Die Burger gaan opsoek en ingescan as dokument van my heel eerste probeerslag om 'n waardige joernalis te wees (wat dit ookal mag wees). Buitendien lyk 'n mens se naam in die byline net soveel mooier:


die ongedanste dans

0 comments


0 comments

Beste Breyten Breytenbach

Ek verneem dat die nuus van Chris Brink se bedanking as rektor en visekanselier van die US jou reeds bereik het. Indien nie, lees die volgende skakel vir meer inligting:http://www.ncl.ac.uk/press.office/press.release/content.phtml?ref=1152029749

Op PRAAG se webtuiste word daar beweer dat een van die redes vir Brink se skuif jou resensie oor sy boek is, ten spyte van die feit dat Brink aan Die Burger verklaar het: "Niks dryf my hier weg nie".
Eerstens, wat is jou opinie - indien enige - oor Brink se skuif na Newcastle en tweedens, hoe voel dit om "verantwoordelik" hiervoor te wees - of ten minste dis wat PRAAG graag sou wou glo.

Jou bydrae in dié verband sal waardeer word en gebruik word in 'n artikel vir die volgende uitgawe van Die Matie.

Dankie byvoorbaat

André­-Pierre du Plessis

Beste Andre-Pierre du Plessis,

'n Diklessiese ou het op 'n muur geskryf: "PARAG - jou ma se epos!" En ekstem saam. Moet my darem nou nie met enige gemors semels meng nie.

Niks dryf Chris Bronk by Skelmdop se University weg behalwe sy brandendebegeerte om die T-oepsie oor te dra na Newcastle nie. Ek weet darem nie ofdie Zoeloes so 'n besoeking verdien nie. Het hulle dan nie reeds genoegprobleme nie?

Nee, ek dink dis 'n bestiering - want soos hy verduidelik het hy so waarsoos Esterhuise manel dra nog nooit g'n aansoek gedoen vir enige ander pos,epos, pose, opsiesa of oeps nie, en was hy vasberade om sy Broeders VanNeokerk en Klote en die ander agterryers en Pandoers in die stryd te lei totby oom Daantjie in die kalwerhok ('n Boer versaak mos nie sy kommando vanKorrekte Kappies en comrades-come-lately nog voor die gatvrytrein -orry - ek bedoel, die gravytrein gearriveer het nie!), maar toe gaan diehemele bo hom oop en 'n Damaskusstem spreek: "Gaan heen, onbevange krygsman,en bekeer die barbare! For it is undone for the Afrikaner to be theoverdog!" Wat kan 'n man dan sê? God slaap nie.

Graag wil ek van julle publikasie gebruik maak om dit in die openbaar testel dat ek, hoe jammer dan ook, nie beskikbaar is vir die Rek-tor se pos ofpossiesie nie. Ek sal hierdie beker maar laat verbygaan want ek sukkelallerverskrikliks met my liddorings, en my Afferkaans is ook nie te waffersnie. Ek vermoed my boesemvriend, Mkaxi UmPreez, sal dalk omgevry kan word omdie slôkkie te vat? Of wat van die filosot, Rooidaan Roodt?

Vorentoe, o brawe university van wêreldgehalte! Vorentoe die laer in!Immers: wie laaste gulag, gulag die lekkerste.

Breyten Breytenbach

***

Ek's in Rwanda op die oomblik, het nie 'n clue wat by die huis aangaan nie.

Jammer
Max [du Preez]


Rubrieke

0 comments




Op weg na Welstand (Deel 2)

0 comments


About me

  • I'm Appel
  • From Stellenbosch, South Africa
  • Follow me on Twitter: www.twitter.com/apduplessis
  • My profile

Archives

Links


ATOM 0.3


web page hit counter