Dit het alles eintlik in Helsinki begin, as jy moet weet wat werklik die oorsaak is van die resensie.
Ek was ingeskryf vir 'n Somerskool-program by die Universiteit van Helsinki in Finland. Voordat ek egter vertrek het moes ek 'n afspraak kry met die rektor en visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch. Hierdie voorreg is deel van elke hoofredakteur van
Die Matie se posbeskrywing. Jy moet met die rektor ontmoet sodra jy verkies is. Prof Chris Brink was egter nie beskikbaar voor ek weg is nie.
So stuur ek 'n e-pos uit Helsinki, terwyl ek daar is, aan die rektor om dalk iets vas te maak wanneer ek terugkeer aan die begin van September. Toe hy hoor ek's in Helsinki het hy gese^ hy vertrek einde Augustus daarheen vir 'n kongres oor bi- en multitalige universiteite waartydens Brink 'n spreker sou wees.
So gebeur dit dan dat ek een oggend in die wesblok van die Universiteit van Helsinki verdwaal opsoek na die saal waar dié kongres hul afsluiting hou. Dit is bitter koud buite en teen 'n aansteekbord sien ek vir Chris Brink. 'n Artikel in die enigste Sweedse dagblad in Finland het 'n hele bladsy toegeken aan hom, alhoewel hulle sy naam regdeur verkeerd gespel het naamlik "Chris Brinks". Dit was 'n cool groot foto wat hulle van hom geplaas het langs die onherkenbare letters en leestekens en ek het later dié foto by die koerantredakteur uit Stockholm uit gekry en gebruik vir klomp artikel oor Brink(s).
Die feit dat daar 'n random artikel van ons rektor aan 'n aansteekbord gesteek is, was 'n aanduiding dat dié Afrikaan (mense sal my beskuldig as ek hom dit noem) naby moet wees. Ek was ook toe nie te ver af nie. Net om die draai was rektore van universiteite uit Kanada, Frankryk en veel verder besig om keel skoon te maak vir die laaste sessie van die 3 dae kongres. Ek het gaan sit maar benoud geraak toe ek nie ons rektor sien nie. Ek was die enigste een met sneakers in die vertrek. Chris Brink het (gelukkig) laat ingestrompel.
So probeer ek toe die rektor, die man wat in die vreemde Sweedse koerant was, voor te keer om 'n afspraak te probeer organiseer.
"Goed", se^ hy. "Kry my 19:00 by my hotel, Hotel Arthur."
Ek het natuurlik die hotel reeds geken omdat ek 2 kere van te vore 'n boodskap vir hom gelos het by die ontvangsdame wat dit heelwaarskynlik opgefrommel en geeet het.
En so het dit gebeur dat hy vir my vino rosso koop (hyself het Finse bier gedrink, wat ek nie kan maag nie) en gesels oor die ANCYL-optog (lees hieroor in die 31 Augustus 2005-uitgawe van
Die Matie deur op die skakel na die koerant hiernaas te kliek), oor die jaar wat voorle^. Brink het gese^ hy verwag dat daar binnekort weer 'n vorm van opstand van die studente se kant af sal wees.
Wel, sedertdien het daar baie goed aan die US gebeur en vorme daarvan kan seker gesien word as studenteopstande, dalk was my optrede deur Breyten se resensie se plaas 'n tipe opstand?
Ons (
Die Matie en die rektor) het dus op 'n goeie voet begin. Die debakel het dit nie noodwendig beinvloed nie, aangesien Chris Brink (volgens my kennis) nog glad nie kwaad was vir my nie. Al die sogenaamde woede het gekom van bestuurs- en raadslede, almal wat die rektor wil beskerm, maar dit het nooit direk van die rektor afgekom nie.
Ek het 'n afspraak met hom gereel om die lug tussen ons skoon te kry. Sal sien wat gebeur.
0 Responses to “”
Leave a Reply